Anderkant Timboektoe
By Liesl Louw
Synopsis
Die Sahellande roep by mens 'n idilliese prentjie op: woestyn-landskappe, speserygeure en die oerklank van djembetromme. Maar ook mediaflitse van honger kindergesiggies, skreiende armoede, politieke onstabiliteit, vrees en verskrikking.
As vryskutjoernalis in Dakar kry Liesl Louw die geleentheid om plekke soos Senegal, Togo, Ghana, die Ivoorkus en Burkina Faso nie net as toubab (Westerling) en toeris te besoek nie -sy kry ook glimpse van dié streek se hartklop: onreg, ongelykheid en onmag wat dekades ná die val van kolonialisme nog aan die orde van die dag is. Maar Liesl Louw sien ook die kleur en die ritme van 'n leefstyl so diep verweef met die waai van die wind, die skakerings van sandduine en die val van die Afrikason dat dit byna anderkant Westerse woordeskat lê. Anderkant 'n eerste kyk. Anderkant Timboektoe.
Sagteband
BBAF
Condition: Good
Investment
R35.00