Back to Store

Bee's Books

Agter die Berge
Zoom
Good SKU: H40239

Agter die Berge

By Tryna du Toit

Synopsis

Dit was by Jacques du Pré se uitstalling dat Veronica met 'n skok haar eertydse man tussen die gaste herken het. En sy het geweet dat hy met haar sou kom praat. want so was hy: eerlik en reguit.
Na daardie gesprek was die skanse wat sy so moei-saam in die vyf jaar sedert hulle egskeiding om haar op-gebou het, totaal verwoes. Weer en weer het sy voor die vraag te staan gekom: Wat gaan sy in die toekoms met haarself aanvang? Weer trou?
Aan moontlikhede het dit haar nie ontbreek nie. Daar was Jack Verster, die pri-vaatsekretaris van 'n minis-ter, saam met wie sy beslis die lewe van 'n sosiale vlin-der sou voer. Of Koenraad, vir wie sy boeke geïllustreer het en wat as onderwyser 'n bestendige lewe gevoer het. En tog het sy verkies om 'n alleenloper te bly. Omdat die beeld van 'n ander liefde alles oorskadu het?
In AGTER DIE BERGE
het Tryna du Toit 'n sosiale probleem van ons tyd egskeiding as agtergrond geneem, en daarin geslaag om 'n teer en innige verhaal daaromheen te bou.
Hardeband

Condition: Good

Investment

R35.00