Back to Store

Bee's Books

'n Duisend Stories oor Johannesburg
Zoom
Good SKU: WB30028

'n Duisend Stories oor Johannesburg

By Harry Kalmer

Synopsis

Die eerste maal wat sy 'n kamera gesien het, het sy nog al twee haar oë gehad. Dit was 'n groot houtkis op vier pote. Die man agter die kamera het sy kop onder 'n stuk swart lap ingesteek, met sy hand om die groot houtkis gevat, 'n koper-dekseltjie van die lens-oog gehaal en met sy vinger gewys dat hulle daarna moet kyk. Sy en haar vier kinders moes lank stilstaan voor die tent waar hulle gewoon het. Totdat die man gesê het hulle kan maar weer beweeg,
Dalk begin hierdie verhaal buite 'n konsentrasiekamptent in Turffontein. Miskien op 'n Sondagoggend in Mel 2008 met 'n koelbloedige moord. Heel moontlik een-en-veertig jaar vantevore wanneer twee jong mense die stad moet verlaat omdat hul liefde onwettig is 'n Duisend stories oor Johannesburg is 'n fassinerende, behendig verweefde vertelling oor boorlinge van Johannesburg - uitgewekenes, terugkerendes en dié wat nog altyd daar gebly het hul wel en wee deur die twintigste eeu, en die plekke waar Suid-Afrika hulle in hul lewens laat beland het.
Harry Kalmer is die skrywer van drie-en-twintig toneelstukke en nege boeke. Hy skryf meestal in Afrikaans en dikwels oor Johannesburg.
Sagteband

Condition: Good

Investment

R50.00