Back to Store

Bee's Books

Motiewe Legio
Zoom
Good SKU: H50228

Motiewe Legio

By Marna Mostert

Synopsis

Motiewe-Legio, is Roelof van Reenen , die beroemde privaatspeurder se bevinding, toe hy op die klein dorpie Entabeni aankom om 'n moord te ondersoek.
Die vrou van die rykste boer in die distrik is vermoor en Laan Roets het Roelof ontbied om die moordenaar te soek. Rorlof is bekend vir sy vinnige doelgerigte metodes om "n moord op te los en hy neem 'n jong verslaggewer, Chris de Wet, saam. Huile leer die mense van Entabeni ken.
Op die oog af is Entabeni se mense hartlik en hulle maak dadelik die twee vreemdelinge tuis maar een van die mense met wie hulle onderhoude voer, het die mooi wispelturige vrou van Daan Roets vermoor!
Soos die ondersoek vorder kom Roelof en Chris agter dat daar haas niemand op die dorpie is, wat nie die moord kon gepleeg het nie. Al mal het die motiewe en die kanse gehad en hulle is verbaas om ut te vind hoeveel mense die jong. vroutjie gehaat het . .. genocg om haar om die lewe te bring
Dit lyk amper onmoontlik om uit die teenstrydige getuienis n moordenaar aan die man te bring , maar Roelof van Reenen het sy eie metodes en toe almal nog in die duister tas, weet hy reeds wie die moordenaar is, maar die bewyse moet nog gevind word. En toe word daar weer n moord gepleeg :
Marna Mostert se Motiewe Legio is 'n spannende moordverhaal met onvergeetli ke karakters en die ontknoping is 'n yslike verrassing
Hardeband
BBAF

Condition: Good

Investment

R35.00