Back to Store

Bee's Books

Oxford Mediese Woordeboek
Zoom
Good

Oxford Mediese Woordeboek

By Unknown

Synopsis

Vertalend en Verklarend
Hierdie ryklik geïllustreerde woordeboek bevat byna 10 000 terme wat in duidelike taal omskryf word. Die inskrywings dek 'n wye veld mediese en paramediese terme en sluit die volgende spesialisgebiede in: ginekologie en obstetrie, pediatrie, dermatologie, neurologie, kardiologie en tropiese geneeskunde. Dit bevat ook inligting oor prenatale diagnose, infertiliteitsbehandeling, kerngeneeskunde, gemeenskapsgesondheid en immunologie. Terme wat nuwe vordering op die gebied van molekulêre biologie, genetiese manipulasie en nuwe geneesmiddels omskryf, is ook ingesluit. Terselfdertyd word daar indringend aandag geskenk aan psigiatriese, psigologiese en tandheelkundige terme.
Elke inskrywing bestaan uit 'n bondige definisie, gevolg deur 'n meer volledige beskrywing. Omvattende kruisverwysings maak dit vir die leser moontlik om 'n volledige begrip van 'n bepaalde onderwerp te kry. Die diagramme wat deurgaans gebruik word, dra ook by tot die verstaanbaarheid van onbekende konsepte.
Hierdie woordeboek is enig in sy soort en is onontbeerlik vir almal wat duidelikheid oor 'n mediese toestand of term wil hê.
Sagteband

Condition: Like New

Investment

R100.00