Back to Store

Bee's Books

Uur van die Rooi Maan
Zoom
Good SKU: H20299

Uur van die Rooi Maan

By Wille Martin

Synopsis

Die rou met die silwerblonde hare vra: ..Ek is Sandra, onthou jy my dan nie meer nie? Ek is mos jou vrou, en jy is Stefan Barnard." En daar is Niekie, sy skoonsuster, wat klaarblyklik op hom verlief is. Nou weet hy nie of hy op haar ook verlief was nie want hy ly aan geheueverlies. Hulle sê hv het saam met n man in `n jeep gery, en daar het 'n bom in die jeep ontplof. Die ander man is dood en onherkenbaar verbrand Sy gesig is ook geskend, en hulle moes na sy foto's kyk om dit weer deur plastiese chirurgie te herstel. So sê hulle almal - tant Meisie, oom Koert almal. Hy moet dit glo. . . maar hoekom is sy geaardheid dan so anders as wat Stefan Barnard s'n was? Het geheueverlies dan sy hele geaardheid ver- ander? En toe Liza van de Meer hom sien, word sy bleek. Sy sê hy is Johan van Blerk, haar verloofde wat verdwyn het. Dis so verwarrend. Is hy Stefan of is hy Johan? Is Sandra sy vrou of is Liza sy verloofde? En wat van Niekie? Wille Martin lewer hier 'n boeiende verhaal van liefde en avontuur en eers aan die einde, na baie belewenisse, word al die raaisels opgelos en weet Stefan wie hy werklik is en watter een van die drie vroue aan hom behoort.
Hardeband

Condition: Good

Investment

R25.00