Trots van Helderland
By Wille Martin
Synopsis
Hugo van Gelder, vooruitstrewende Johannesburgse ginekoloog, het 'n ver pad geloop om sy ideale te bereik. In sy studentejare is hy met die beeldskone Vera Pratt getroud. maar na enkele maande van ekstatiese géluk het sy hom onverwags en sonder afskeidsgroet verlaat en Europa toe vertrek. Later is hy weer getroud. en hoewel hy die vader van 'n seun en 'n dogter geword het. was die huwelik liefdeloos. Sy vrou se dood, jare later. het byna as 'n verlossing gekom Nou, ná dertig jaar, stap Vera onverwags by sy spreekkamer in: 'n weduwee, ryk en wêreldwys en liefliker as ooit. Hy besef spoedig dat hy nooit opgehou het om haar te bemin nie maar tog is sy ontwykend wanneer hy hartsake met haar wil bespreek En in die agtergrond wag Yvonne le Roux, sy vroulike vennoot, wat hom reeds jare lank heimlik liefhet ... Ook Dawie en Linda, sy twee volwasse jong kinders, leer skielik die pyn van liefde ken en verhewig Hugo se wroeging. Dawie se hart raak ver- strengel tussen dié van die twee jong meisies op Gelderland se buurplaas, en Linda se hart word verower deur die jong pierewaaier-dokter wat soos 'n skaduwee by Vera bly. Emosies en hartstogte bereik 'n hoogtepunt, die spanning word snaarstyf en die verhaal snel af op 'n asemrowende klimaks wanneer die dwalinge van die verlede genadeloos tot aan die been oopgevlek word. Wille Martin slaag op 'n besondere wyse daarin om die lotgevalle van Gelderland se inwoners heg inmekaar te verweef tot 'n enkele onvergeetlike, eg-menslike verhaal.
Condition: Fair
Investment
R35.00