Thlik 'n Pit Man! En ander Pittige Kindersêgoed
By Joey Basson
Synopsis
Thlik 'n pit, man! en ander pittige kindersêgoed is 'n bundel met prettige sêgoed wat deur oumas, oupas, ma's, pa's, ooms, tannies en selfs skole van regoor Suid-Afrika ontvang is. Ons het 3 850 inskrywings ontvang vir die Kindersêgoed-kompetisie wat geloods is ter viering van die ATKV se 75ste bestaansjaar en in samewerking met Vrouekeur en RSG. Ons is verstom deur die belewenisse van kleingoed en hoe hulle dit verwoord.
Die entoesiasme en trots waarmee grootmense die sêgoed weergegee het, sal sorg dat lesers hul in die gebeure sal inleef, hetsy met 'n traan in die oog, 'n skater- of skugterlaggie, of in sommige gevalle 'n nostalgiese terugdink aan kinders en kindskinders se kleuter- en kinderjare, lank reeds verby.
Die skeppende taal van die kind, soos waargeneem op daardie oomblik, is onoortreflik. Hierdie sêgoed is saamgevat in Thlik 'n pit, manl en ander pittige kindersêgoed. Dit is waar, eg, menslik en spontaan, en oud en jonk sal dit met deernis geniet en waardeer.
Sagteband
BBCH
BBMOM
Condition: Good
Investment
R50.00