Ek en die Yanks
By Susie Mc Dermit
Synopsis
Susie McDermid is gebore in Outshoorn, en is die dogter van Helmuth Luttig, wat in die twintiger- en der-tigerjare een van die eerste roman-skrywers in Afrikaans was. Het op Oudtshoorn skoolgegaan en haar in die Opleidingskollege as onderwyseres bekwaam, maar het besluit om liewers skryfwerk by 'n koerant te doen as om onderwys te gee. In Kaapstad het sy eers 'n paar maande in die S.A. Open-bare Biblioteek gewerk, en toe drie jaar lank in die naslaanbiblioteek van die Cape Times, en solank artikels ge-skryf vir daardie blad se naweekby-laag. Daarna Johannesburg toe, om vir 'n jaar redaksiewerk te doen vir Die Weekblad, wat minder as twee jaar lank bestaan het voordat publi-kasie gestaak is. Daarna was sy ses jaar lank by Die Transvaler, drie jaar publisiteitsbeampte van S.A. Philips, en toe vier jaar by The Star. Met 'n besoek aan Suid-Amerika het sy in Peru 'n Amerikaanse professor ont-moet, en kort daarna is sy met hom getroud. Nou woon hulle in Boulder, Colorado, waar haar man professor in aardrykskunde is aan die Universiteit van Colorado, en sy tuisbly om twee kleuters te versorg.
In hierdie kostelike boek vertel Susie McDermid nou mev. Quick ー van haar eerste kennismaking met Amerikaners en op prikkelende wyse gee sy haar indrukke van die indrukwekkende land.
Hardeband
BBAF
Condition: Good
Investment
R25.00