Oos
By Marion Erskine
Synopsis
Die Verre-Ooste is die verste wat jy van Suid-Afrika kan wegkom-dit is wat Louis van Jaarsveld ook agterkom toe hy in Taiwan begin skoolhou. Dit is die vreemdste taal en kultuur denkbaar, en daarby is daar nog die meisies wat op 'n baie einaardige manier betelneute verkoop, die stinkende tofu, hurktoilette, tifone... Met 23 miljoen mense saamgehok op 'n eilandjie is Louis so ver moontlik van sy gemaksones, maar ook van die spoke van sy verlede.
In die vreemde maak Louis besonderse vriende, leer die waarde van lojaliteit ken, en vind uiteindelik die groot liefde van sy lewe. Maar hy besef ook dat van die vreemdste plekke in sy eie hart is, en dat hy nie vir ewig daarvan kan weghardloop nie.
In die vreemde leer hy hoe om huis toe te kom.
Marion Erskine se debuut is 'n aangrypende uitbeelding van 'n Suid-Afrikaner se ervaring van Taiwan. Dit is ook 'n uitbundige viering van die lewe en sy ingewikkeldhede, die liefde en veral vriendskap.
Sagteband
Condition: Good
Investment
R25.00