Back to Store

Bee's Books

Vir 'n Oulap en 'n Bokstert
Zoom
Good SKU: H30094

Vir 'n Oulap en 'n Bokstert

By A.J.J. van Niekerk

Synopsis

A. A. J. van Niekerk skryf om te vermaak en te prikkel. Hy is 'n gebore storieverteller. Onopgesmuk, eerlik, eenvoudig met 'n fyn oog vir sy mense se tekortkominge en hul mooiste oomblikke -stel hy ons in die 31 stuks vertellinge en verhale voor aan 'n wonderlike verskeidenheid égte mense. Mense met raakvat-by-name en rare belewenisse.
Hier is plaasstories, soos van die twee broers wat alles "om-methelfte" gekry het totdat 'n "derde broertjie" dinge kom be-derf. Of die verdomde donkiehings wat oom Stoffel so skade be-rokken het. 'n Windhond wat as riem moes diens doen!
Kleindorpse sketse en verhale, dikwels deur die skrywer se jare lange onderwyservaring ingegee. Hier word nie bloot ro-mantiserend of realisties uitgebeeld nie; ook die roeskant van die blik word soms bekyk. Ons maak kennis met deurbringers, agter-gesteldes, agterstevoor-om mense, windlawaaiers, die minder aansienlikes, die drinkebroers. Ook die eenvoudige siele.
Kroegstories is hier ook, soos die een oor die konfrontasie tus-sen die vuilvegter-Skot en Simon Yster; of oor die onmoontlike Esterhuise'tjies met die afval in die wasskottel.
En hier is anderse jagstories. Klaas Brink wat vir die gereg 'n "slagyster" stel daar teen 'n Kalahari-duin. Die twee onwettige Van Tonder-broers wat Wilhelm Tell speel
Die soort wêreld waaruit skrywers soos Van Niekerk en Jan Spies kom, bied 'n storie- en taalrykdom wat enig in sy soort is. Veral in die Noordwesterse omtes waar stories maak 'n reme-die teen die afgeleënheid self is gaan haal die skrywer sy sto-ries "vir 'n oulap en 'n bokstert". "Optelstories", ja maar 'n onmisbare bydrae tot die Afrikaanse vertelkuns.
George Weideman
Soft cover
BBAF

Condition: Good

Investment

R50.00