Kersfees Bring die Dood
By P Buss
Synopsis
ASOF daar nog nog iets is wat sy wil sê, maar nie weet hoe om te begin nie, bly Bettina naby die bed staan. Sy vryf haar neus asof dit onverwags begin jeuk het en dit maak haar vriendelike, ligblou oë tranerig. Met haar kort en gesette figuurtjie soos gewoonlik in swart geklee, die netjiese bolla op presies dieselfde plek teen haar agterkop en haar goedige gesig effens rooi van erns en inspanning, lyk sy nog net soos daardie dag vyf jaar gelede, toe sy die onstuimige jong Irma per motor dorp toe geneem het om die trein te haal. Dit was 'n storm-agtige dag en Bettina, diep ontsteld oor die destydse om-wenteling in die huishouding, het self nie geweet of dit reën of trane was wat oor haar wange geloop het nie.
Irma trek die beige-handskoene wat by haar ander toebehore pas, stadig uit en sit hulle op die bed langs haar neer. Sy kyk na Bettina en gee glimlaggend uiting aan haar gedagtes :
„Jy het nie verander nie, Bettina. Daar is net 'n bietjie meer grys in jou hare, maar verder lyk jy nog nes daardie dag toe jy my op die stasie gaan afsien het." Die grou oë wat so pas nog geglimlag het, word meteens teruggetrokke.,,En dit was 'n lang tyd gelede, Bettina. Dit wás al vyf jaar."
Dit is klaarblyklik waaroor Bettina wou praat, want sy stem oombliklik saam:
„Ja, dit is 'n lang tyd. Maar dis vir my baie langer as vir jou, Irma. Julle is almal so na aan my hart dat ek... Al is julle aangenome kinders... Ek bedoel dit is nog jou tuiste hierdie...." Die gevoel waaraan sy uiting wil gee, is so diep dat sy nie dadelik die regte woorde kan vind nie.
„Ek dink ek weet wat jy wil sê, Bettina," sê Irma. In haar koel, bedaarde stem is 'n ondertoon van warmte...
Hardeband
Condition: Good
Investment
R25.00