Wingerdnes
By Ella van der Mescht
Synopsis
Wingerdnes is die pragtige
Bolandse erfplaas van die Therons. Die huidige eienaar is Ewald Theron. 'n waardige afstammeling van 'n trotse voorgeslag. Maar in Ewald se binneste woed al die jare nog 'n groot verbittering jeens die vrou wat sy ouers se huwelik verongeluk het.. . wat veroorsaak het dat sy moeder dood is en sy vader die laaste jare van sy lewe weg van sy geliefde erfplaas moes deurbring. Chris Malan is die dogter van die vrou wat so n diepe invloed op Ewald se lewe gehad het... die vrou wat hy met sy hele hart gehaat en verag het. En nou moet Chris vir 'n jaar by hom op Wingerdnes kom bly... 'n jaar van uiterste verbittering wat hy sal moet verdra as hy sy aanspraak op die plaas wil behou. Maar Chris is nie 'n naam wat gewoonlik met n meisie geassosieer word nie en Ewald het 'n seun daar verwag. Toe hy moes uitvind dat sy 'n meisie is, was die skok soveel groter. Chris Malan is nie 'n meisie wat haar deur 'n ongeskikte mansmens sal laat beledig en oorheers nie, en sommer met die eerste ontmoeting spat die vonke reeds. Gelukkig is tant Gina daar om water op die ergste vlamme te gooi. WINGERDNES is 'n verhaal van hartstog en stryd wat die leser enduit sal boei.
Hardeband
Condition: Good
Investment
R20.00