Die Donker Kavalier
By Toek Blignaut
Synopsis
Antoinette Cordier het die deur van die koophuis wat aan haar oorlede ouers behoort het, vir die laaste keer agter haar toegetrek en na die Herberg van die Swart Haan gegaan om by haar pleegouers te gaan woon, soos haar oorlede moeder haar gevra het om te doen. Sy het gehoop dat die herberg in die ware sin van die woord vir haar 'n tuiste sou wees, maar reeds in die koets op pad daarheen, het 'n vreemde man haar teen die herberg gewaarsku. Dit was die begin van die vreemde gebeure en belewenisse wat daar op haar gewag het. Die lewe het ewe skielik vir haar opwindend geword; veral nadat sy vir Marcel ontmoet en op hom verlief geraak het, maar Marcel het iemand anders bemin. By die herberg het daar snags geheim-sinnige dinge gebeur, en die vraag het ontstaan of die berugte, romantiese Donker Kavalier iets daarmee te doen gehad het.
Hierdie romantiese oud-Kaapse verhaal, sal groot byval by die leser vind.
Hardeband
BBAF
Condition: Good
Investment
R35.00