Blits
By Doc Immelman
Synopsis
Die vuil. stowwerige transportwa beweeg krakend en stampend onder die bome van die eikelaning deur. Voor die sestienspan maer osse loop 'n opgeskote touleier. Die middeljarige Nama-man wat langs die trek- diere loop, het 'n lang ossweep, maar hier onder die lae eiketakke kan hy dit nie gebruik nie.
Op die wakis sit 'n swartgeklede Nama-vrou en weerskante van die wa beweeg twee ruiters op 'n stapgang. Die man-Hans van der Walt-is 'n groot ruwe man met 'n swart baard en breë, kragtige skouers. Hy dra kakieklere en 'n breërandhoed en sit effens vooroorgeboë in die saal van die groot swart hings.
Sv seun. Dirkie. is sestien iaar oud en ry 'n langbeen-skimmelreun. Sy klere van vaal Duitse sis is al verweer. Die seun kyk belangstellend, nuuskierig om hom rond. Deur die iong eikeblare maak die dalende son bewegende stippels op sy bruin kop. Dis laat Saterdagmiddag in die vroeë lente van 1906 in Nuweland, 'n buurt van groot landgoedere en deftige huise naby Kaapstad
Hans van der Walt roep halt toe die stoet die punt van die laning bereik, Teen die skotige voorheuwels duskant die berg lê die landgoed: C 'n groot, wit gewelhuis met rietdak - buitegeboue, blomtuine, wingerde, vrugteboorde, smaraggroen grasperke en statige eikebome. Alles is mooi en groen en skoon en helder. En die wa en mense en trek- en rydiere wat nou net hier aangekom het, is vuil en met stof bedek en verweer en pas nie in hierdie Kaapse lentelandskap nie.
Dirkie van der Walt trek sy perd langs sy pa s'n in. "Is dit die plek, Pa?" "Dit lvk so," antwoord Hans van der Walt. "Bly by iou ma. Ek gaan kyk,.,' Hy ry tussen die pilare van die witgekalkte hek deur na die groot huis en klim by die stoep van sy perd af, Hy koppel die dier se teuels aan die blink haakpaal, trek sy hoed van sy kop en stap ongemak- lik, selfbewus by die stoeptrappies op. Die vensters en voordeur is oop en uit die huis kom die klank van klaviermusiek en singende stemme...
Hardeband
Bevat natuurlike geelvlekke
BBAF
Condition: Fair
Investment
R20.00