Back to Store

Bee's Books

Geslote Kring
Zoom
Good SKU: H40129

Geslote Kring

By Dirk Neveling

Synopsis

BUITE kan sy Mars, die plaashond, spelerig hoor blaf In die eetkamer op Wonderhoek steek Tina Rabie die lamp bo die tafel aan. Oombliklik val haar skaduwee op die familieportrette teen die muur agter haar. 'n Rukkie staan sy half geboë oor die gedekte tafel, waaroor die lig nou kol, maar die eetgerei sien sy skaars raak Dis Saterdagaand. Tina byt op haar onderlip en sug. Dan, asof die atmosfeer binne-in die huis te druk- kend word, draai sy haar om en stap op die systoep uit.
In die skemerte aarsel sy effens, maar dan merk sy die langerige, skraal figuur van haar moeder in die linker- hock van die stoep. Onmiddellik draai sy regs en stap tot by die stoepmuur, waarop sy met haar hande druk terwyl sy uitkyk oor die bree vallei tussen die ho Bolandse berge. Doér in die middel is die kerktoring van Suiderville nog net-net sigbaar.
Die skraal winterluggie vou geniepsig om haar heen, maar sy is skaars bewus daarvan. Vanaand is die dorpic self net 'n donker vlek. Die straatligte is nie aangeska- kel nie, want netnou sal die volmaan sy gesig hicr bokant dic Wonderhoekberg uitstoot...
Hardeband

Condition: Good

Investment

R10.00