Polka-Masuka
By Hester Heese
Synopsis
Polka-masurka en pierewaai Die herfsblaar gooi 'n Kaapse draai . ..
Dis Maria wat sing, en Maria is self die herfsblaar wat oor die gras dwarrel. Dis vakansie, en die beste dinge in die wêreld is hare: blink oggende wat lê en wag wanneer sy in haar bulsak wakker word; 'n lekker boek om in die peperboom te lees; Saterdag se pennie vir geelsuiker of drop by mister Jabinski se winkel; 'n vars broodkorsie en geel botter in die warm, ligte kombuis wat na lekker huis ruik . . Maar 'n vakansie kan soms anders wees as wat'n mens verwag. Pappa lag nie meer so maklik nie, en saans nadat hy sy voete in die sinkbadjie gewas het, kom hy nie eens agter as Maria 'n pantoffel aan die verkeerde voet druk nie. Selfs Mamma is moeiliker as gewoonlik,en oorlede ouma Bosman in die vergulde raam se mond is gedurig op 'n plooi getrek. Betjoeks, dis wat hulle almal isl Dan vind Maria en haar broer Braam uit dat hulle dalk alles wat hul eie is, gaan verloor: die vriendelike kombuis, die vrykamer met sy spieëls, die solder, en vir Aandblom, Diamant en Kroon. ,, Maar ons sal regkom,"' sê Mamma, ,,ons vier." Polka-masurka is ongetwyfeld en van die hoogtepunte in Hester Heese se aansienlike bydrae tot die Afrikaanse jeugliteratuur. Dit voer die leser weg na die verbeeldingryke wêreld van Maria, ,Pappa se wilde kind', Die beskrywing van 'n paar gebeurtenisvolle vakansie- dae word n verhaal van lewensblyheid en innerlike rykdom, van dié dinge ,,wat meer werd is as 'n diamant, of "n bank yol geld.""
Hardeband vintage boek
BBMOM
Condition: Good
Investment
R125.00