Vermoedelik Verlief
By Ettie Bierman
Synopsis
Die dag toe sy agtergekom het dat haar kerel saam met 'n ander, beeldskone meisie op die lughawe gesien is, het Mynie Cronjé se hele wêreld in duie gestort. Nie dat Heinz du Preez nie probeer verduidelik het nie, maar hoe meer hy verduidelik het, hoe minder het sy hom geglo.
In 'n desperate luim skryf sy aan Wewenaar, 'n middeljarige prokureur wat in 'n tydskrif se hoekie vir
eensames na 'n penvriendin gesoek het.
Na 'n kortstondige briefwisseling ontmoet sy hom, en die eerste keer ná sy Heinz die trekpas gegee het, is daar weer sterre in haar oë. Wewenaar het die pragtige naam van Conrad
Duvenhage, hy is skatryk en aantreklik en hy beloof Mynie alles wat sy verlang.
Natuurlik het Conrad Duvenhage 'n prys en hierdie prys is hoog maar daarvan hoef Mynie mos nie nou al te weet nie.
Heinz kom van Conrad te hore, maar intussen het hy 'n verhouding met Elma Visagie, wat saam met Mynie skoolhou, aangeknoop. Maar toe Mynie dit hoor, is die vet behoorlik in die vuur.
Vermoedelik verlief is 'n splinternuwe treffer deur Ettie Bierman, 'n skryfster wie se boeke 'n mens nie sommer maklik neersit nie.
Hardeband
Condition: Good
Investment
R25.00