Back to Store

Bee's Books

Fiela se Kind
Zoom
Good SKU: WB30004

Fiela se Kind

By Dalene Matthee

Synopsis

Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind - deur die Here aan haar "toebetrou" een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil, 'n weggooilam. Aan die ander kant van die berg, in die Bos, woon die houtkapper Elias van Rooyen en sy vrou Barta, wie se driejarige kind weggeraak het. Die een kind is Benjamin Komoetie, die ander Lukas van
Rooyen. Is dit dieselfde mens? Kon 'n klein kind so ver geloop het, uit die Bos tot in die Lange Kloof? Dié vraag word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat deur die Lange Kloof reis en die wit kind met die blou oë tussen die bruinmense kry. En jare later is dit die vraag wat Benjamin/Lukas self vra: Wie is ek? Hy móét weet, anders kan die vrou wat hy liefgekry het, nooit syne wees nie.
Die antwoord is daar, weet hy; iewers in homself, diep verskuil in die verlede, bly dit hom ontwyk.
Aan die hart van Fiela se kind, Dalene Matthee se tweede groot roman uit die Knysna-boswêreld, lê 'n donker, ondeurskoubare raaisel. Dit is 'n boek met 'n gevoel van waarheid, vol wysheid en warmte. 'n Waardige opvolger vir Kringe in 'n bos.
Sagteband
Bevat natuurlike geevlekke voor en agter in die boek, minimaal in die storie teks
BBMOM
BBAF

Condition: Fair

Investment

R75.00