Die Avonture van Pinokkio
By C Collodi
Synopsis
Hy is seker die beminlikste houtpop in die wêreld - hierdie Pinokkio wat kan lag en praat soos 'n kind, met sy yslike neus en sy baadjie van geblomde papier; Pinokkio wat tussen die een kwajongstreek en die volgende penarie net genoeg tyd het vir nóg 'n goeie voorneme. Want 'n ongehoorsame houtpop loop maklik gevaar om as brandhout gebruik te word; en as hy te lank in luilekker-land bly omdat hy nie wil skool toe gaan en nie wil leer nie, word hy netnou regtig 'n esel... Maar gelukkig is daar die fee met die blou hare, die goeie fee wat altyd vergewe, en wie se geduld op die ou end tog beloon word.
Die Avonture van Pinokkio is 'n verhaal wat reeds 'n honderd jaar lank plesier verskaf aan kinders dwarsdeur die wêreld. Vandag is die boek 'n klassieke gunsteling - want Pinokkio het hom op sy eie, holderstebolder manier permanent tuisgemaak in die kinderwêreld. En elke kind móét met hom kennis maak!
Hardeband
Bevat geel kleefbandvlekke binne die omslag
BBKIDS
BBCL
BVAF
Condition: Good
Investment
R50.00