Back to Store

Bee's Books

Wreker
Zoom
Good

Wreker

By Ettie Bierman

Synopsis

"Stertjie, jou dood sal ek wreek!" het Gerrit gesweer daardie dag toe die baster-Dobermann sy withaarkatjie doodgebyt het. En wat sou sy wraakplan beter kon uitvoer as die woedende en wrede geel hond wat by die ashope ronddwaal? Wreker, het Gerrit hom gedoop.
Doelgerig en stelselmatig het Gerrit vir Wreker begin oplei vir die groot dag... vir die geveg tussen hom en sy kat se moordenaar.
Maar toe kom meng Za, met die wipneus en die lang blonde vlegsels, vierkantig in sy planne in.
Gerrit begin wonder- is sy nie
dalk reg nie? Wreker vertrou hom
nou en het vir sy nuwe baas lief
geword. Sien hy nog kans om sy
hond in 'n doodsgeveg met die
Dobermann betrokke te laat raak?
Sou Stertjie dit só wou gehad het? Wreker is 'n mooi jeugverhaal wat handel oor 'n seun se verhouding met sy hond ... en wys mens ook dat selfs ouers nooit te oud is om te leer nie.
Hardeband

Condition: Good

Investment

R35.00