Pasquara se offer
By Lana Monte
Synopsis
Op haar vader se sterfbed moes Una Brink die belofte maak dat sy so spoedig moontlik na Pasquara sal gaan... en daar sal bly!
Dit was vir Una heeltemal duister waar-om hierdie belofte van haar gedwing is. Selfs uit haar moeder kon sy geen inligting kry nie; net nog meer geheime, want haar moeder sou ook nie saam met haar na Pasquara gaan nie. Nee, sy moes alleen gaan en vir altyd daar bly!
Pasquara is 'n beroemde skaatsbaan en skaatsskool wat getrou aan sy Spaanse naam, deur 'n Spanjaard beheer word, ter-wyl ook die meeste van die permanente skaatsers uitlanders is, Al hierdie inligting bekom Una onderweg na haar vreemde bestemming.
Una word op die stasie ontmoet deur Almonte Montanchez en sy gaan in die skaatsbaan se losieshuis tuis, waar die ander skaatsers en die eienaar ook inwoon.
Una is onbewus van die opskudding wat haar koms na Pasquara veroorsaak. Almon-te is een van die weiniges wat bewus is van die tragiese verhaal van Pasquara. Hy weet van die tragedie wat hom jare tevore op die beroemde skaatsbaan afgespeel het. Hoe goed onthou hy net nie! Want daardie dag is sy jeug-vriendinnetjie, Natasha, wreed van hom weggeneem. En sedertdien het Sergio, die eienaar van Pasquara nog nie weer geskaats nie en het hy in 'n harde en verbitterde man ontaard.
Ja, Almonte ken die hele verhaal. En Una is bewus van sy donker, smeulende blik wat haar gedurig dophou. Is selfs bewus van die haat wat uit sy donker oë straal. Waarom? Maar hierdie waarom is net nog een om by die lang lys van waaroms te voeg wat reeds oor Una se lewe hang. Maar Una het haar dit ten doel gestel om al die waaroms; die geheime, hier op Pas-quara te ontrafel. Sy sal by Almonte begin, want sy is oortuig dat Almonte die antwoorde op die waaroms ken!
Inderwaarheid het Almonte die waarheid geken. Hierdie meisie sou haarself moes offer vir Pasquara. Pasquara wat amper tot niet gegaan het, toe Natasha gesterf het.
Una het gewonder oor die alles oorheer-sende begeerte wat sy gevoel het om self op die skaatsbaan te gaan. Gewonder oor haar jarelange af keer en vrees vir bloed. En namate Una al langer op Pasquara vertoef het, het sy met al hoe meer sekerheid geweet dat sy ook êrens op Pasquara inpas.
Hardeband
Besonderse aantreklike boek met of sonder stofomslag
Condition: Good
Investment
R50.00