Towerspreuk van die Liefde
By Ilse Steyn
Synopsis
"Ons is nie onaantreklik nie, ons is talentvol, en ons is vinnig op pad na nêrens. Dis tyd om ons toekoms in ons eie hande te neem!"
Bianca, Andrea en Lara het Londen by die horings gepak in 'n poging om die "ou magic" in hulle lewens terug te kry. Toe dit egter lyk of niks behalwe Bianca se ongeduld weer gaan vlam vat nie, besluit hulle dis tyd om self in te gryp en dinge te láát gebeur.
Bianca skets haarself in 'n advertensie as iemand met onberispelike smaak en flair wat 'n opwindende werksomgewing soek, en beland in die kantore van Grant Ramsey, 'n bitter sexy Skot wat haar aanstel om hom sy internasionale maatskappy te help vestig. Die empatiese Andrea, 'n au pair met 'n sagte plek vir probleemkinders. loop onwetend reguit in haar verswygde verlede in, en die beeldskone model, Lara, word 'n droomkontrak aangebied deur 'n man voor wie sy maklik sou swig as hy nie gay was nie.
Niks is egter waarna dit aanvanklik lyk nie, en soos die tyd sy treë afmeet, ontvou dié drie boesemvriendinne se lewens in 'n verhaal van egte magic.
Towerspreuk van die liefde is 'n viering van die moontlikhede wat die lewe inhou veral as jy jou oopstel daarvoor. Die kenmerkende vonk van Ilse Steyn se styl sorg in die roman v karakters en situasies wat tril van energie, en 'n intrige wat enduit trakteer. Dis by uitstek 'n boek vir jou weer-lees-rak
Sagteband
BBAF
Condition: Good
Investment
R35.00