Vrou van die Stormnag
By Jan Combrink
Synopsis
Die skat van Tanjore fabelagtig, uitdagend-aanloklik Teen 1850 bepaal dit meedoenloos die lewenslot van 'n groot aantal mense. Gevul met die vlammende begeerte na dié rykdom, word sommige swerwelinge. Ander raak verstrik in 'n netwerk van wandade. Nog ander sterf op die gewelddadigste maniere denkbaar.
Die lewens van sir Harry Liggett, sy begeerlike vrou, Martha, en hul dogtertjie, Jeanie, word geraak; ook dié van leermeester Jan Brand en sy seun Hendrik die latere legendariese Olifant Brand. En die gewetenlose Jonathan Booker en sy rondegesig-trawant, Reginald Stokes - ook hulle is in die mag van die skat..
Dié mense se verhaal is 'n verhaal van Indië en Afrika, van 'n verfynde leefwyse teenoor bloedige jagtogte, van weelde en sosiale aansien teenoor oneer en ellende, Dit is 'n storie van wellus en bloeddorstigheid, van gierigheid en rugstekery, maar ook van liefde en trou, vriendskap en teerheid.
In Vrou van die stormnag voer Jan Combrink die leser mee van die eksotiese, bloedige Madras na die Suidelike Afrika van die laaste helfte van die 19de eeu, met sy diamant-stormlope en drama. Dis 'n oorrompelende avontuurverhaal.
Hardeband
Condition: Good
Investment
R50.00