Back to Store

Bee's Books

André P. Brink en die Spel van Liefde
Zoom
Good

André P. Brink en die Spel van Liefde

By Leon de Kock

Synopsis

ANDRÉ P. BRINK EN DIE SPEL VAN LIEFDE is die heel eerste biografie van 'n Suid-Afrikaanse skrywer wat gedurende sy leeftyd in dieselfde asem as Gabriel García Márquez, Peter Carey en Aleksandr Soltzjenitsin genoem is, en wie se romans in meer as 30 tale vertaal is.
In Leon de Kock se langverwagte biografie word Brink se persoonlike dagboeke en joernale as die belangrikste bronmateriaal hanteer. Brink het meer as 50 jaar lank sy ervarings en gedagtes pligsgetrou opgeteken: hierdie notaboeke, waar-toe De Kock eksklusief toegang verkry het, word nou vir die eerste maal bekend gemaak.
André P. Brink en die spel van liefde is 'n om-vangryke biografie wat die leser 'n openhartige, onverbloemde blik gee op Brink se gedagtes en gevoelens oor homself én ander. Brink beskryf die hoogte- en laagtepunte van sy vyf huwelike asook sy verskeie verhoudings met 'n groot aantal vroue 'n onderwerp wat hy in sy memoir, 'n Vurk in die pad, maar slegs vlugtig bespreek. Gedurende sy leeftyd het Brink hom nie net teen die politieke bestel verset nie, maar veral ook teen tradisionele seksuele norme.
In hierdie biografie van 'n skrywer aan wie die Nobelprys vir letterkunde byna toegeken is, bekyk De Kock Brink se persoonlike, outobio-grafiese aantekeninge vanuit 'n kritiese, literêre oogpunt. Daarmee saam vergelyk hy die dag-boeke met akademiese en ander, alledaagse bronne, waaronder getuienisse deur Brink se vriende, familie, eggenote en minnaresse. André P. Brink en die spel van liefde is 'n unieke, belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse lettere, maar veral ook tot die bestaande navor-sing oor Brink se lewe en skryfwerk.
Hardeband
Amper soos nuut
BBBIO
BBMOM

Condition: Good

Investment

R250.00