Back to Store

Bee's Books

Wederkoms
Zoom
Good SKU: H20015

Wederkoms

By Louis Krüger

Synopsis

'n Roman
In die nanag, nadat die storm gaan lê het en net die gedrup van na reën van die takke en die sagte kabbeling van stroompies hoorbaar is, sien Jannes Hoop die engele.
Aanvanklik sien hy net een. Hy gewaar hom tussen die bome, naby die oewer. 'n Tyd lank staan die engel roerloos, dan beweeg by parallel met die rivier.
So skielik as wat by verskyn het, verdwyn die engel, maar op presies dieselfde oomblik sien Jannes nog een, nou meer in die rigting van die oubuis.
Hy weet nie hoe laat dit is nie. Dis of hy uit 'n diep, donker slaap ontwaak het; alles voel vreemd.
Eers het hy probeer om die rivier te bereik, aan die ander kant van die Eiland. Die wond in sy sy en aan sy bobeen het dof en knaend geklop. Halfpad het die pyn te veel geword en het sy krag ingegee.
Jannes Hoop, die jongste van vyf kinders, word armoedig groot. Die aand toe die engele verskyn, dink hy weer aan sy geboorte en sy lewe op die Eiland. Oor sy liefde vir sy Myrte en klein Bas. En oor die dag toe alles verander het: toe Konstruksie die dam in die rivier begin bou het.
"Daar is nie baie skrywers in Afrikaans wat hierdie spel met die moeilik peil-bare so fyn bedryf nie... Jannes se innerlike reis na die ewigheid, deur mense se lewens, deur opperste eensaamheid, en deur die natuur is aangrypend." Linda Rode
Sagteband
BBAF

Condition: Good

Investment

R35.00