Back to Store

Bee's Books

Onbekende Lied
Zoom
Good

Onbekende Lied

By Ela Spence

Synopsis

Rudolf van Dyk skud heftig sy kop en vir die tweede keer bulder hy in die spreekbuis van sy telefoon:
„Ek sê weer nadruklik nee, Anna. Dis heeltemal ondenkbaar, en al jou mooi praatjies help niks! Ek kan regtig nie begryp waarom jy met so 'n onsinnige voorstel na my toe kom nie."
'n Fyn vrouestem, op die rand van histerie, probeer weer aan die ander kant verduidelik, en Rudolf se frons sny dieper in op die hooggewelfde voorhoof. Dit dwing hom om te luister, al wens hy dat hy albei sy ore kan toedruk.
„Luister tog eers, Rudi," soebat die onsigbare Anna, en dan kan jy my daarna antwoord, want na wie toe kan ek gaan as dit nie na my enigste broer is nie?"
Sy raak 'n teer snaar daar aan, want hy was nog betreklik jonk toe hulle ouers oorlede is, en Anna, sy enigste suster, het baie dinge ter wille van hom opgeoffer. Alles wat hy vandag bereik het, het hy hoofsaaklik aan haar liefde en geduld en verdraagsaamheid te danke, en hoewel sy dit nog nooit gesê het nie, dink hy dat sy ook die enigste man met wie sy kans gesien het om te trou, ter wille van hom weggestuur het. Dit was op 'n tydstip toe Rudolf op universiteit...
Hardeband
Oppervlakkige slytasie aan die omslag. Goeie toestand binne.

Condition: Good

Investment

R15.00