Vrees nie Meer, my Liefling
By Vera Wolmarans
Synopsis
Shauné Scott soek 'n gids om haar te vergesel na Suid-Amerika. Haar jonger sussie, Jeanie, het drie maande tevore saam met 'n groep vriende na Amasonia vertrek om te gaan kapsie maak teen die uitroei van die reën-woude. Sedertdien het hulle nog nie weer 'n woord van haar gehoor nie. Hulle is baie bekommerd oor haar en het aan elke instansie insluitend die Rooikruis - versoeke gerig om haar te help opspoor. Tot dusver was alle pogings onsuksesvol. Dit is waarom Shauné persoonlik daarheen wil gaan om uit te vind waar sy is. Sy het hulle ma belowe dat sy Jeanie sal opspoor en terugbring.
Sy wend haar na doktor Jonathan Kolbé, of Jon-soos hy genoem word 'n argeoloog, vir hulp. Hy is glad nie geneë om haar saam te neem nie, maar uiteindelik stem hy in.
In Manaos ontmoet sy vir Darla d'Almeida, 'n beeldskone donkerkop wat baie duidelik haar oog op Jon het.
Saam vertrek die drie na die huis van Enrique Garcia. Hulle glo dat hy oor inligting beskik wat hulle kan help om Jeanie op te spoor. Garcia is 'n baie ryk en magtige man. Hy het groot dele van die natuurlike woude uitgeroei om plek te maak vir landerye. Sy mense is gewapen en huiwer nie om te skiet as iemand sonder magtiging op sy grond gekry word nie. Daar word vermoed dat hy betrokke is by die onwettige verbouing en verspreiding van dwelms, maar niks kon tot dusver bewys word nie. Sy mense praat nie en indien iemand dit sou waag om op hom te spioeneer, verdwyn daardie persoon sonder 'n spoor.
Hoewel Shauné en Jon gereeld argumenteer, vind hulle gou uit dat hulle tot mekaar aangetrokke is. Maar Darla maak dit duidelik dat hy hare is.
Sal Shauné haar belofte aan haar ma gestand kan doen? Die oerwoud is nie 'n vriendelike plek nie. Sal sy Jon se hart kan wen, of het sy reeds verloor teen Daria?
VREES NIE MEER, MY LIEFLING is 'n boeiende, andersoortige verhaal uit die pen van 'n bekwame, gewilde skryfster.
Spannende liefdesverhaal
Hardeband
BBAF
Condition: Good
Investment
R25.00