Back to Store

Bee's Books

Weerklank van ons Liefde
Zoom
Good SKU: H50300

Weerklank van ons Liefde

By Ena Murray

Synopsis

Wat maak 'n man as jy deur jou amper-verloofde gekonfronteer word met die stelling dat daar 'n vreemde vrou in jóú pajamas in jóú bed in jóú woonstel lê en slaap?
Hierdie probleem was dié van dokter Rudolf van der Merwe, en hy het sy eie vreemde wyse gekies om daaruit los te kom so vreemd, dat dit hom toe 'n sogenaamde vrou besorg, 'n vrou wat in sy woonstel bly, nie kan verstaan hoekom haar man nie meer liefdevol teenoor haar optree nie, wat geen antwoord het op tergende vrae in haar binneste nie.
Madie, soos hy haar genoem het, beland in 'n motorongeluk en ly vir baie weke aan geheueverlies. In hierdie tyd gee Rudolf en sy tante voor dat sy sy vrou is, maar dit skep allerlei probleme, wat opstapel en later 'n onoorkomelike massa word. Catherine Huysamen, die meisie wat lankal besluit het dat sy mevrou dokter Van der Merwe sal word, neem glad nie genoeë met hierdie speletjie nie, en sy toon dit ook duidelik.
Deur hom oor hierdie meisietjie te ontferm, het Rudolf vir homself 'n reuse probleem op die hals gehaal, veral omdat sy eie gevoelens glad nie so heeltemal neutraal bly teenoor Madie nie. Maar hy sien geen uitweg nie. Na alkante toe is daar versperrings.
Ena Murray het geen bekendstelling nodig nie, en in hierdie verhaal slaag sy nogeens daarin om te boei van begin tot einde. Rudolf, Madie, tant Kitty, Catherine, almal is bekende, alledaagse mense. Hulle kon net sowel oorkant die straat gewoon het. Maar in Ena Murray se hande word hulle karakters wat jy net nie uit jou gedagtes kan kry nie.
PRONK-BOEKKLUB plaas sy stempel van gehalte met graagte en met vertroue op hierdie boek.
Hardeband
Prag-uitstalboek
BBMOM

Condition: Good

Investment

R35.00