Back to Store

Bee's Books

Die Laggende Mandaryn
Zoom
Good

Die Laggende Mandaryn

By Stephanie Meiring (Adriaan Snyman)

Synopsis

'n Ou Kaapse Verhaal
Babette Sabatier kom na die Kaap de Goede Hoop om met Francois Verdeau te trou. Die huwelik is gereël deur hulle ouers toe Babette nog maar tien jaar oud was en sy het Francois agt jaar gelede laas gesien, voordat die Verdeau's hulle aan die Kaap kom vestig het. As kind het sy Francois as arrogant en haasspelerig beskou, en hy het gedink sy is maar net 'n lastige kind.
Dit is dus met gemengde gevoelens dat Babette besluit om op Francois se moeder se brief te reageer en na die Kaap te reis om met Francois in die huwelik te tree. Sy het egter nie veel van 'n keuse nie, want na haar vader oorlede is, het sy geen ander heenkome gehad nie.
In die Kaap de Goede Hoop wag egter meer as 'n nuwe lewe as madame Francois Sabatier op Babette. Sy word 'n uitgeworpene in die gemeenskap wanneer 'n meisie wat so te sê haar ewebeeld is ook in die Kaap opdaag en voorgee dat sý Babette Sabatier is en ook aanspraak maak op Babette se erfgeld.
Die indringer het egter valse bewyse en Babette is die een wat die Verdeau's se landgoed moet verlaat. Maar as sy Francois se verlore beeldjie, die Laggende Mandaryn, kan opspoor, sal hy haar glo, sê hy, want hy weet dat net die ware Babette hierdie beeldjie sal ken.
In die desperate maande wat volg, leer Babette om haar man in enige situasie te staan en met hand en tand te veg vir dit wat hare is. Sy leer die boewewêreld van die jong nedersetting ken, en vind uit hoe bitter dit is om alleen in die wêreld te wees met geen vriend of familielid om jou tot te wend in jou uur van nood nie.
Hardeband

Condition: Good

Investment

R50.00