Die Kinders van Kis
By Ena Murray
Synopsis
Kinders van KIS is die opvolgverhaal van Ter wille van ons drome en voer die aktuele vraagstuk oor kunsmatige inseminasie tot 'n spannende hoogtepunt.
Joanola Roux nooi die vroue wat twintig jaar gelede saam met haar gesukkel het om kinders te hê, uit na 'n reünie in die pastorie.
Jare lank het sy met die vrees gelewe dat sy haar daad van bedrog voor haar man en kind sal moet bely. Sy het vas geglo dat sy geen genade in hul oë sou vind nie. As Joanola maar in die toekoms kon sien, sou sy nooit haar hand na die telefoon uitgesteek het om die "sukkelaarsgarde" weer bymekaar te roep nie.
Nog minder sou Wanka Gerber so aan haar dogter getorring het om Dawie Eloff se mondigwordingparty by te woon as sy geweet het dat Karmen Eloff haar seun sou uitdaag om Liyana Gerber se hand te wen.
En Elsje van Rooyen? Sou sy haar Elsabet ooit letterlik gedwing het om vir die nuwe gemeente te gaan orrel speel as sy geweet het waarop haar drome van 'n verhouding tussen haar dogter en die jong tokkelok sou uitloop?
Die sameloop van omstandighede het nie alleen hierdie vier vroue en hul mans en kinders 'n lelike streep getrek nie. Gretchen Grimbeeck het op 45 uiteindelik die ware liefde ontdek, maar dié liefde word gou bedreig. Bitter is dit vir haar om uit te vind dat ook haar daad van die verre verlede hoegenaamd nie vergewe en vergete is nie.
Kinders van KIS vertel van vyf vroue wat in die kern van 'n lewenstorm beland en moet veg om nie fyngemaal te word nie. Dit is 'n lekkerleesverhaal met baie pitkos, 'n verhaal waarmee die leser lank sal saamleef nadat die verrassende, pragtige laaste paragraaf gelees is.
Hardeband
BBAF
Condition: Good
Investment
R25.00