Harte Agter Skanse
By Wille Martin
Synopsis
Lach Lamond, waar 'n klein, eksklu-siewe Skotse gemeenskap hulle ge-vestig het, het deur die jare onaan-geraak gelé deur die invloede en die gejaagde lewenstroom van die groot stad Johannesburg wat aan sy soom gevloed, geraas en gerumoer het.
Met verloop van jare het ook enkele Afrikaanse en Engelse aristokrate hulle in Loch Lomond kom vestig, waar die inwoners grasieus en kalm hulle gang gegaan het asof hulle op hul eie ongerepte eilandjie woon waar die tyd stilgestaan het.
Maar nou was daar sprake dat 'n nuwe snelweg meedoenloos soos 'n monster deur die hart van Loch Lo-mond sy wrede spoor gaan trap. Die Inwoners was woedend en dadelik slaggereed om hierdie nuwerwetse euwel die hoof te bied. Maar veran-dering en vernuwing kan nie altyd gestuit word nie. Selfs nie in die twee winkels wat deur die jare die hartklop van die klein gemeenskappie geword het nie. In die dameswinkel, Bonnie Jean, het Sannie Mouton stilweg deur die jare haar beste gelewer en op haar beskeie manier 'n stille bewondering gekoester vir Tony Kirk van die mans-winkel, Bonnie Prince Charlie. Maar verder as 'n groet soggens en smid-dags wanneer hulle paadjies voor die winkels gekruis het, het dit ook nie gekom nie.
Net soos wat die snelweg onver-biddelike veranderinge in Loch Lo-mond teweeggebring het, het dit ook die twee winkels beïnvloed. Onder nuwe vennootskap word hulle saam een groot moderne boetiek, waar San-nie moet terugstaan vir die beeld-skone Lauren Botes, met as hoof-bestuurder, Dave Melissakis wat soos 'n Griekse god die winkel binnestap.
Hoe hierdie winde van verandering en vernuwing die lewens en gewoon-tes van die inwoners van Loch Lo-mond gaan verander, is 'n grootse ondervinding vir die leser van HARTE AGTER SKANSE.
Hardeband
Condition: Good
Investment
R20.00