Back to Store

Bee's Books

Die Feilbares
Zoom
Good

Die Feilbares

By M. Strydom

Synopsis

Die Onfeilbares
Ben Nel, hoof van die hoërskool op Eike laagte, staan voor 'n moeilike keuse.
Jare gelede het sy enigste suster, die beeld-skone Edelweiss, met 'n getroude man, George Young, weggeloop en uiteindelik met hom ge trou. Dit het albei haar ouers se harte gebreek en hulle 'n vroegtydige dood laat sterf 'n skandaal wat na al die jare nog nie deur die mense van Eikelaagte vergeet is nie.
En nou ontvang Ben Nel 'n smeekversoek van sy suster: Haar man sit in die tronk; haar enigste dogter, Yvonne, is uit haar skool in Johannesburg geskors; sal Ben nie asseblief haar dogter uit die verderflike invloed van die grootstad uitneem en haar onder sy beskerming neem nie?
Selfs Ben se vrou is teen so 'n moontlikheid gekant, aangesien die kind opnuut 'n skandaal op Eikelaagte kan veroorsaak en selfs Ben se posisie as skoolhoof kan benadeel.
Ben besluit egter dat bloed dikker is as water, en teen al die teenkanting in, gaan haal hy Yvonne in Johannesburg en bring haar na Eike-laagte. Heel gou is sy vir hom soos sy eie dogter maar ewe gou begin die skindertonge en skandaalsugtiges van die klein dorpie die lewe vir Yvonne wat net so beeldskoon is as wat haar moeder op haar leeftyd was byna ondraaglik maak.
En dan kom die twyfel by Yvonne: Moet sy, soos haar moeder voor haar, eenvoudig die stof van Eikelaagte van haar voete afskud? Of moet sy, soos haar troue vriend en bondgenoot, oom Ben, van haar verwag, die stryd end-uit volstry en aan die mense van Eikelaagte bewys dat dit verkeerd is om kinders onder die skuld van hul ouers te laat ly?
M. Strydom vertel hier 'n ontroerende verhaal oor die sielewroeging van 'n jong dogter en die onreg maar ook die lojaliteit van die mense om haar. En sy kom, soos gewoonlik, met 'n heerlik verrassende einde.
Hardeband
Geelvlekke van plakplastiek binne die voorblad
Andersins baie goeie kondisie vir die ouderdom van die boek

Condition: Good

Investment

R35.00