Die stilte in myself
By Riana Scheepers & Hannetjie de Clercq
Synopsis
Eerste Druk
Die stilte in myself is die resultaat van 'n jare lange vriendskap tussen twee vroue: Hannetjie de Clercq en Riana Scheepers -'n unieke simbiose van kunsvorme wat dié twee kunstenaars se talente ten beste ten toon stel.
Die toonaard van die verse sluit aan by die mistieke kleure, die nostalgiese verlange na die misterie en die ontwykende geheimenisse van vroue temas wat eie en uniek is aan die ... skilderwerk van Hannetjie de Clercq.
Die boek beeld op treffende wyse die intimiteit, wysheid en die enigmatiese spektrum van vroue se emosies uit: Van die jong meisie wat met 'n rooi mond die wêreld uitdaag tot die misterie van 'n vrou wat agter 'n masker skuil; van die vrou wat vir die voetstap van haar minnaar wag tot die aartsmoeder wat haar verbonde voel aan die aarde en die hemel.
Sagteband
Soos nuut
BBCur
Condition: Like New
Investment
R125.00