Wille Martin Omnibus
By 3 stories
Synopsis
Meisie met die goue hare
Die Sigeunerbaron
Bruidskat van vrees
Wille Martin het die besondere gawe om haar lesers mee te voer na verre lande, na die romantiese maar ook gevaarlike tye wat lank reeds verby is. Die drie verhale wat in hierdie heerlike leesbundel opgeneem is, vertel van 'n wêreld wat jonk en anders was.
Meisie met die goue hare is die verhaal van Claudine, wat as wit slavin, eiendom van Etienne van Rhyn, in die Kaap aankom-'n geskenk vir Etienne se moeder. Maar Etienne het ook 'n verloofde. en Marlies is glad nie in haar skik dat hierdie aanvallige slavin onder dieselfde dak as Etienne moet vertoef nie.
In Die Sigeunerbaron lees ons hoe Greta Auerbach en haar moeder deur baron Manfred von Auerbach na Duitsland geneem word sodat hy hulle behoorlik kan versorg. Greta vrees dat daar vir haar 'n liefdelose huwelik gereël is... en toe ontmoet sy boonop die geheimsinnige Sigeunerbaron.
Adam Gier is die man wat Paula Behrens begeer, maar hy gaan nie op 'n konvensionele wyse te werk om haar hand te wen nie. Nee, deur onbehoorlike druk op haar vader uit te oefen, maak hy Paula sy bruid, en aan haar gee hy 'n Bruidskat van vrees.
Talle ure se leesgenot sal uit hierdie lywige bundel geput word. Dit is nog 'n fynproewersuitgawe van J.P. van der Walt uitgewers van boeke van gehalte.
Hardeband
Goeie kondisie
Condition: Good
Investment
R35.00