Wanneer 'n Verloorder Wen
By Chris L. Marx
Synopsis
Ferdinand de Waal is gewoond daaraan om te verloor, maar wanneer hy een oggend in 'n inrigting vir sielsiekes wakker word en hoor dat hy al twee jaar daar is, kan hy dit beswaarlik glo.
Die ongelooflike verhaal wat aan hom opgedis word, die dae wat volg is deurspek van:
leuens:
"Hoe is dit moontlik om álles te vergeet wat die afgelope twee jaar met jou gebeur het."
skuld:
"Almal het aanvanklik geglo dat sy dood 'n blote ongeluk was. Maar ons is nie onnosel nie."
angs:
"Ek wou haar net so min dood hê as jy. Glo jy my nie?"
hartstog:
"Ons lewe net vir die oomblik van nou, omdat dit die laaste oomblik van ons lewens kan wees."
Wanneer 'n verloorder wen is 'n spannings-verhaal wat 'n mens eenvoudig vasgekluister hou, wat end-uit gelees móét word, want dit kan moontlik so gebeur.
Sagteband
Condition: Good
Investment
R10.00