Eike-Boekklub 4-pak
By Susanna M Lingua
Synopsis
4 x 1970s liefdesromans
Die Goue Vlinder
Die beeldskone, blonde Janet Hartman was 'n gelukkige en sorgvrye meisie wat na haar ouers se dood haar ouboet Vic versorg het. Sy was soos 'n goue vlinder wat van een blom na die ander gevlieg het en al vele harte in die proses gebreek het, terwyl haar eie nog ongeskonde gebly het. Wanneer haar ouboet Vic-'n ingenieur -na Espinho gaan, 'n dorpie in Mosam-biek wat aan 'n Portugese edelman-miljoenêr behoort, om daar 'n besproeiingsdam te gaan bou, besluit Janet dat sy haar ouboet nie aan die genade van Latynse disse en die wispelturigheid van, soos sy haar verbeel, sy vet, plompe miljoenêr-baas die Duque Ramiro Velasco de Gouveia kan oorlaat nie. Sy bedank haar pos as kunsonderwyseres in Pretoria en begewe haar in haar geel Alfa Romeo na Mosambiek.
Alles verloop glad totdat sy haar by Lourenço Marques se doeanekantore vas-loop teen 'n lang, donker man met die mooiste bruin oë wat sy nog gesien het. Van die staanspoor af waai die vonke egter, want die Suid-Afrikaanse meisie laat haar deur geen man voorskryf nie en is ook nie van plan om haar by die konser-watiewe en nougesette leefwyse van die Portugese aan te pas nie.
Hierdie ervare Afrikaanse romanskryf-ster slaag daarin om die leser weg te voer na die eksotiese, tropiese Espinho waar die Duque Ramiro regeer. Sy elke woord is wet en almal bejeën hom met die grootste agting en respek. Hierdie vreemde liefdesavontuur met sy noodwendige konflikte word boeiend aan die leser oorgedra. Dis 'n verhaal van menslike botsings op verskeie vlakke, avontuur en warm Latynse liefde.
Op Silwer Vleuels
Op Silwer Vleuels-Susanna M. Lingua Soos elke jong meisie het Renata Lands-berg gedroom van die dag wanneer sy op silwer vleuels na vreemde lande sou vlieg. Sy wou 'n lugwaardin word, maar eers na haar moeder se dood kon sy om 'n pos as lugwaardin aansoek doen. Sy het 'n onderhoud met Andrea Saravanos, die eienaar van 'n lugredery, gevoer en is vir opleiding aanvaar. Op 'n winderige dag, kort daarna, loop sy in die stad teen Andrea Saravanos en 'n lang, donker man vas, onbewus daarvan dat die lang, donker man nog 'n groot rol in haar lewe gaan speel.
Sy het in haar opleiding geslaag en kon haar droom verwesenlik. Daarna is sy 'n lugwaardin en 'n opwindende lewe lê vir haar voor, maar presies hóé opwindend dit sou wees, het sy toe nog nie geweet nie.
Onvoorsiene dinge kan met 'n lugwaardin gebeur. Daar is benoude oomblikke wanneer die vliegtuig waarop sy diens doen, in 'n storm beland... en daar is onvergeetlike ure langs vreemde strande. Die blou pad oor die wolke is 'n pad van avontuur... en 'n pad wat vir haar na romanse gelei het, maar... ook na ontnugtering en baie pyn.
Maar pyn is gewoonlik loutering, en so was dit ook in Renata se geval. Ook vir haar het daar uit ontnugtering en pyn weer dieper geluk gekom.
Die leser sal Renata se avonture met haar meemaak, saam met haar huil... en eindelik in haar nuwe vreugde deel.
Die Bruid van Blouberg
Lecia Brank was die laaste oorblywende lid van die Brank-geslag, en haar oom het die helfte van sy plaas, Blouberg, aan haar nagelaat, maar daar was 'n onmoontlike voorwaarde aan verbonde: sy, 'n stadsnooi, moes op Blouberg gaan woon en Wouter Fouché, die ander erfge-naam, moes 'n boervrou van haar maak. Dit het sy eers ontdek nadat sy op Blouberg aangekom het, en toe kon sy nie padgee nie, want Wouter het gesê geen Brank was nog ooit 'n lafaard nie, en sy sou 'n lafaard wees as sy padgee. Na 'n jaar sou sy daarop geregtig wees om haar aandeel van die plaas aan Wouter te verkoop. Sy het dus besluit dat sy 'n jaar lank daar sou bly sodat Wouter haar kon leer boer. Sy het byna haar nek gebreek toe sy leer perdry het, amok gemaak toe sy leer skiet het en vir Wouter groot skade aangedoen toe sy leer boer het. Wouter was 'n buffel wat haar woedend uitgeskel het wanneer sy foute gemaak het. Nogtans het sy op hom verlief geraak, maar hy het vir Teresa Viljoen liefgehad. Teresa wat oor vier maande die bruid van Blouberg sou word. Hierdie sprankelende liefdesver-haal van Susanna M. Lingua sal die leser tot op die laaste bladsy boei.
'n Nuwe Daeraad
-Adri Basson, wat haar ouers twee jaar gelede in 'n motorongeluk verloor het, is 'n ambisieuse meisie wat niks in haar pad laat staan om die hoogste sport op die leer van haar beroep te bereik nie. Daarom kon sy maklik die trousieke Jurie Bekker 'n regte moederseuntjie -in Suid-Afrika agterlaat en die aanbod van Jacques le Monte, beroemde Franse modebaas, aanvaar om in Parys vir hom in sy salon te kom werk. Sy verower die harte van die Parysenaars oornag, maar toe kom die slag: 'n verblyfpermit word haar geweier. Op voorwaarde dat hy hom nie met haar werk sal bemoei nie, gaan sy 'n tydelike huwelik met die trotse hertog Luciano del Rusconi aan en verkry Italiaanse burgerskap sodat sy nie na Suid-Afrika hoef terug te keer nie. Nella Odetti en Jacques het haar egter gewaarsku dat Luciano niks doen wat nie vir hom voordeel inhou nie. Wat sou hulle daarmee bedoel het? Dan is daar ook nog Enza, Luciano se jeugvriendin, wat haar tydig en ontydig aan hom op-dring, en toe Adri haar in Luciano se arms sien, besef sy dat sy teen haar wil, hom liefgekry het. Sy is gebroke omdat sy weet dat Enza sy eintlike geliefde is en sy besluit om in die geheim na haar Vaderland terug te keer. Maar, sy het nie met Luciano se oplettendheid en gevoelens rekening gehou nie. 'n Nuwe Daeraad is ontspanningslektuur van liefde, vertwyfeling en menslike gevoelens - 'n verhaal wat lekker lees.
Hardeband
Goeie kondisie met effense veroudering.
BBVP
Condition: Good
Investment
R50.00