Jaarringe: 12 Kortverhale
By Henriëtte Grové
Synopsis
Aan die jaarringe van 'n boom kan die verloop van sy groeiproses deur die seisoene van sy bestaan herken word. Uit die verhale van Henriette Grove wat in hierdie bundel saamgebring is, sou 'n mens ook 'n groeiproses kon aflees: die skryfster se wisselende houding teenoor die taak van kortverhaal-skryf, byvoorbeeld, sedert sy in die vyftigerjare met haar kortverhale in die bundel Kwartet sterk die aandag getrek het. Naas haar prestasies op die gebied van die drama, waarvoor sy onder meer die eerste prys ontvang het in die A.T.K.V. se Dramawedstryd van 1964, en die Eugène Marais-prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 1966, het sy die ontginning van die moontlikhede van die kortverhaal volgehou. Daarvan is hierdie bundel die resultaat. Dis ook moontlik om in die titel Jaarringe sekere eienskape van die verhale self in te lees. Soos die jaarringe die geskiedenis van die boom waarneembaar maak, die besonderhede van die boom se lot aanskoulik maak vir ondersoek en betragting, so word verskillende aspekte van 'n menselot in elk van die verhale aanskoulik gemaak. Die rol van sintuiglik waarneembare dinge is van die grootste belang in die vormgewing van hierdie
Hardeband
Natuurlike geelvlekke binne die omslag en naam voorin geskryf. Die res van die boek is in goeie toestand.
BBAF
Condition: Good
Investment
R50.00