Vlugtyd van die bosvoël
By Nickey van Schalkwyk (Kopie 1)
Synopsis
Toe Julena de Kock die betrekking as private sekretaresse vir Braam van Eck in die magtige makelaarsfirma van Halmstad, Beaumont & Vennote aanvaar, is dit asof sy 'n nuwe wêreld betree. Want nie alleen word die verhouding tussen haar en die aantreklike makelaar-konsultant by die dag intiemer en persoonliker nie; sy kry ook 'n kykie in die stralerjakker-wêreld van die Sweedse magnaat Halmstad.
Maar dan kom Lara, Halmstad se beeld-skone dogter, skielik uit die buiteland terug, en vir Julena voel dit asof alles om haar in duie stort. Want Halmstad maak dit baie duidelik dat hy Braam uitgesoek het as huweliksmaat vir sy enigste erfgenaam,
Genadiglik kry Julena kans om te ontsnap uit dié martelende situasie. Die beroemde skrywer Robert Foley kom uit die buiteland aan om 'n biografie oor Halmstad te skryf, en dankbaar aanvaar sy sy aanbod van werk. Saam vertrek hulle na 'n afgeleë stuk niemandsland waar Halmstad vir hom 'n ultra-luuksueuse vakansiehuis laat oprig het.
Gou blyk dit egter dat daar 'n slang in dié idilliese klein Eden is. Dis duidelik dat Halmstad besig is met 'n magspel van sy eie. Vir hom is die mense wat hom omring bloot pionne in 'n internasionale skaakspel van enorme omvang. En soos 'n skaakspeler sy pionne opoffer indien dit hom kan help om die spel te wen, so is Halmstad besig om planne te maak om van sekere mense ontslae te raak. Maar presies wie is die mense wat hy aangemerk het as sy vyande? En presies hoe gaan hy hulle van die gras af maak?
Vlugtyd van die bosvoel is 'n spannende, eietydse verhaal wat die leser reg tot aan die einde vasgevang sal hou.
Vlugtyd van die bosvoel
Hardeband
Slytasie aan stofomslag
BBAF
Condition: Good
Investment
R25.00