Mooi is die Erfenis
By Engela Linde
Synopsis
Die aand het 'n ligte aanslag, 'n amper swewende kwaliteit.
Nog altyd was Anita Rheeder besonder gevoelig vir die assosiasie van reuk, geluid en atmosfeer. Die geur van blou-reën walm met tussenpose sterk teen haar aan waar sy voor die koshuisvenster staan. Sy het nie besef die lente is op hande nie. Wel het sy die trosse blou blomme sien uitswel uit die kaalvaal lote, maar vanaand gewaar sy vir die eerste keer vanjaar die sterksoet geur in haar neus.
En dit roep, soos elke jaar, weer daardie onvergeetlike herinnering wakker. Sy was klein só klein, dat haar koppie vir Rudie net teen die heup geraak het. Sy weet dit, want Rudie het buite gewandel saam met haar, haar vuisie om sy vinger geklem, en hy het haar teer en beskermend teen hom vasgedruk.
Toe het sy agtergekom dat hy iets in sy gevuisde hand vashou. Sy het met haar vingertjies sy hand probeer oop-grabbel om te sien wat daarin was...
Epiese drama
Hardeband
Pragtige uitstalstuk
BBAF
Condition: Good
Investment
R50.00