Back to Store

Bee's Books

Die Wahlerbrug
Zoom
Good SKU: WB10042

Die Wahlerbrug

By Elsa Joubert

Synopsis

Waarom het sy onderaan haar brief vir die Gouwse dié naskrif geskryf: As ek nie daar is om julle te ontmoet nie, moenie wag nie, dan is ek saam met hom? Het sy toe reeds geweet dat sy nie op die bestemde tyd op die lughawe sou wees nie? Het sy toe reeds geweet dat haar paspoort, papiere, bagasie alles wat aan haar 'n maklike, veilige identiteit kon gee haar ontneem sou word sodat sy gedwing word tot die ontdekking van 'n ander self en uiteindelik 'n nuwe geboorte? Het sy dit buite haar eie wete om self so gewil en beplan? Waarom, as sy die vreemde vrou in haar kamer- is dit ooit haar kamer?
aantref, sê sy: Ek het geweet jy sou kom. Ek dink ek het van die eerste dag af geweet. Of baie vroeër. Waarom is dit die man Schwarz wat dié vrou na haar terugbring?
Die verhaal van Lottie Holme se soek-tog in 'n vreemde stad roep telkens vrae by die leser wakker sodat elke gebeurtenis, elke handeling jou van-uit 'n ander dimensie, vanuit 'n vreemde, dieper werklikheid aan-spreek en jy volledig daarby betrek word. In werke soos Suid van die Wind, Die Staf van Monomotapa en Swerwer in die Herfsland het Elsa Joubert getoon dat sy een van ons sterkste eksponente van die reisverhaal is. Met Ons Wag op die Kaptein wat met die Eugène Marais-prys bekroon is, het sy ook reeds getoon dat sy aanspraak kan maak op 'n eie plek in die romanliteratuur.
Die Wahlerbrug is 'n bevestiging van wat haar eerste kort roman reeds bewys het, maar dit is ook veel meer as net bevestiging. Die Wahlerbrug kan gesien word as 'n opwindende deur-braak in die oeuvre van hierdie skrywer.
Hardeband
Bevat natuurlike geelvlekke
Naam voorin geskryf

Condition: Good

Investment

R50.00