Die Melkweg het 'n Ster Laat Val
By Riana Scheepers & Nicci Thabo
Synopsis
Toe die samestellers 'n ope uitnodiging aan die skrywers van Suid-Afrika gerig het:
"Skryf vir ons 'n storie oor 'n plaas!" het hulle nie verwag dat die reaksie só oorweldigend, só oorrompelend, só entoesiasties sou wees nie. Vanoor die lengte en breedte van die land en selfs die buiteland is verhale ontvang wat gaan oor elke denkbare aspek van boerdery'en die harde maar fassinerende lewe op 'n plaas. Die hele geskiedenis van hierdie land Ãs betrek, van die vroegste plase wat uitgegee is aan die eerste vryboere, tot die hedendaagse problematiek van plaasmoorde en -besettings en die wil om te oorleef op 'n ongenaakbare stuk grond.
Die woord plaas is 'n begrip wat sterk, uiteenlopende emosies en assosiasies oproep, hetsy nostalgiese herinneringe, liefde, verbittering, haat, verlies, innige verbondenheid, teleurstelling of geluk. Die verhale in hierdie bundel bied 'n boeiende blik op die lewe van die mense wat op 'n plaas leef en werk.
Die samestellers het verhale vanoor die. hele. geletterdheidspektrum byeengebring. Met hierdie bundel word op unieke wyse hulde gebring aan al die plaaswerkers - swart, bruin en wit - van Suid-Afrika.
Sagteband
Condition: Good
Investment
R60.00