Back to Store

Bee's Books

Blom van my Hart
Zoom
Good SKU: WA40001

Blom van my Hart

By Helene de Villiers

Synopsis

Fleur Steyn is verloof aan doktor Dewald Meintjes, maar Dewald se tweelingbroer, Dawid keur die verlowing glad nie goed nie. Dewald het nooit tevore juis enige aandag aan die skoner geslag gegee nie, maar uit die staanspoor het Fleur se skoon-heid hom totaal betower. In Dawid se oë was Fleur, dogter van die skatryk internis. dokter Ignatius Steyn, 'n leë dop van binne deur wurms opgevreet, soos hy dit onomwonde aan haar stel.
Na een van haar gereelde fuifpartye, ry Fleur 'n man dood en sy word summier ult haar lewe van skynglans tot die werklikheid geruk. Sal Dawid Meintjes nou vir Dewald kan oortuig dat 'n huwelik met Fleur Steyn tot mislukking gedoem is? En Dawid wonder waarom iemand soos Fleur, wat alles in die lewe besit, so 'n mislukking kan wees dat sy selfs kan sê dat sy nog nooit vir iemand iets beteken het nie ook nie vir haar pa nie.
'n Jaar later sou Fleur wonder: ..Is dit wat vriendskap beteken? En as dit slegs vriendskap is, wat is liefde dan, wat soveel meer as vriendskap is? Hoe kan jy vir iemand sê jy't hom lief as jy nie bereid is om dit en soveel meer nog vir hom te doen nie? So maklik om te sê, so moeilik om uit te lewe. Fleur probeer ophou huil, maar die trane vloei aanmekaar. Toe sy eindelik bedaar, voel dit vir haar asof die tranevioed die jaar wat agter lê, wegge-spoel het. Sy voet leeg gehuil, maar sy voel skoon gewas, van binne ook!
Elke nuwe boek van Herna de Villiers is ook 'n nuwe belewenis!
Hardeband
Geel kleefbandvlekke binne die omslag en naam en adres van vorige eienaar ingeskryf. Verder goeie kondisie

Condition: Good

Investment

R25.00