Gister se Hartseer
By Mara Prinsloo
Synopsis
Onder die Suid-Afrikaners wat hulle in Argintinië gevestig het, was die gesinne Smit en Pöhl. Vir jare reeds het die ouer geslag van hierdie twee families nie om dieselfde vuur gesit nie.
Die liefde laat hom egter nie deur kleinlike familie-vetes stuit nie en Luisito Pöhl raak verlief op die pragtige Felicia Smit.
Die Pöhls vertrek terug na Suid-Afrika waar Luisito sy eie karakoel-plaas in Suidwes koop, terwyl sy ouers op die ou familieplaas in die Karoo gaan woon. Luisito se ouer broer, Daniël besluit om in Arginti-nië agter te bly.
Luisito en sy Felicia sweer trou aan mekaar. Vyf jaar verloop voordat Luisito besluit om steeds teen sy ouers se wil en wense, sy geliefde in Argentinië te gaan haal.
Die lewe is soms geneig om on-voorsiene draaie en kinkels te maak draaie waarlangs selfs beplande voornemens en besluite en ook mool beloftes totaal verdwaal kan raak. Dit vind Luisito tot sy ontnugtering uit na sy aankoms in Argentinië.
Hardeband
Geel kleefbandvlekke binne die omslag
Naam en adres van vorige eienaar ingeskryf
Verder baie goeie toestand
BBAF
Condition: Good
Investment
R25.00