Die Vlindervanger
By Marlene Le Roux
Synopsis
Breekpuntspanning
"Baie duidelik sien sy hoe die deurknop draai. Geluidloos draai en draai, heen en weer asof die een wat wil binnekom, nie kan aanvaar dat toegang hom belet is nie.
"Ester kan haar blik nie wegskeur nie. Ná 'n ewigheid hou die draaibeweging op. Sy luister ademloos of sy voetstappe hoor, maar dit is stil. 'n Stilte vol gevaar."
Meteens is dÃt die breekpuntspanning waarmee almal op Rooikransbaai moet saamleef. Nie een vrou is meer veilig nie. Veral nie die enigste jong meisie, Ester se dogter Marina, nie. En alle mans is onder verdenking.
Want die gedrag van 'n seksmoordenaar is onvoorspelbaar. Elke oomblik kan die vlindervanger weer toeslaan.
Die skryfster laat spanning, prikkelende feitekennis en suiwer liefdesoomblikke saamloop om die verhaal dadelik iets anders as die gewone te maak.
Sagteband
BBAF
Condition: Good
Investment
R35.00