Back to Store

Bee's Books

Jacoba Afrikaner
Zoom
Good SKU: H20384

Jacoba Afrikaner

By Maretha Maartens

Synopsis

"Wat praat jy so met daardie Herero-seun saam? het Jacoba Afrikaner se ma gevra. "En wat se gevleggery is dit van jou hare? Die baardmannetjie kuier nie saam met die hoep-hoep nie, Jacoba. Jy moenie moeilikheid soek, noudat jy grootgeword het nie."
Jacobs het geweet: Ek haal asem soos die veld soos die springbokke, tout die werfhoenders. Maar ek is anders as hulle. Ek is uit my kleintyd uit. Nd elke tyd kom 'n ander tyd
Ein helder seisoen het Jacoba Afrikaner en Tuvahi Kapuso saam gereis -na die waarheid wat onder die sand toegewaai was, na verskrikking, na 'n plek waar hulle kon liefhë, en na bevrydende selfkennis. Hierná reis Jacoba, die Nama-meisie, alleen na die Groot Ashoop, waar Gladys, Koopman, die sorters en An, die Angolese bandesmous, haar in die gemeenskap en in die apokalips van Kupferberg opneem.
Aan die beter kant van Kupferberg dink Bas Pretorius: Die eenvoudige ten bladsy-verhaal van ons lewe is nou in twee gevou. Om die geskrif van ons lewe te kan lees, moet ons die materiaal bly manipuleer links van die fout, regs vart die fout
Jacoba Afrikaner is die verhaal van twee liefdes, of dalk van drie. Dit is werklikheidsfiksie waarin duiselingwekkende geheime van die Donker Kontinent aan die lig kom. Maar dit is ook die storie van 'n groepie mense in wie se lewens waarheid en ontnugtering, adel en boosheid, krag en berou eindelik hul bestag kry.
Sagteband
BBAF

Condition: Good

Investment

R60.00