Back to Store

Bee's Books

'n Vonk van Liefde
Zoom
Good SKU: WA10059

'n Vonk van Liefde

By Christine le Roux

Synopsis

Danielle trou na 'n warrelwindromanse van ses weke met die aantreklike Danie Steyn. Het sy maar langer gewag voordat sy tot trou gekom het, is haar versugting twee jaar later, wanneer Danie nie meer daar is nie en sy op moedverloor se vlakte sit: swanger, sonder werk en sonder geld
Haar niggie Cissie kom met 'n voorstel wat uitkoms bled: Cissie-hulle se buurman in die Karoo is op soek na iemand om sy gastehuis vir hom te bestuur.
So kruis Danielle se pad dan met dié van Neil Greyling. die donkerkopboer wat haar vanaf die eerste oomblik laat weerstand bied teen sy besorgdheid oor haar en haar "toestand", die man wat dol is op kinders en bewoë raak wanneer hy die geboorte van 'n kalfie aan-skou. Sy leer ook sy verloofde Mieke ken - Mieke wat sku is om tot trou te kom omdat kinders haar laat gril. Ook die aantreklike Karel Nolte wat Danielle se drumpel deurtrap, word deel van hierdie nuwe lewe van haar.
In die Karoo kom Danielle se siel tot rus en sy besluit om Neil se oorbesorgdheid maar te verduur - maar lewers moet daar seker tog 'n streep getrek word..
'n Vonk van liefde is nog 'n heerlike liefdesverhaal uit die bekwame pen van Christine le Roux.
Hardeband

Condition: Good

Investment

R5.00