Back to Store

Bee's Books

Digby Grootgewaag
Zoom
Good SKU: WA30064

Digby Grootgewaag

By Helene de Kock

Synopsis

Zia te Wateren is die jong weduwee van die staalmagnaat Henri te Wateren. 'n Internasionale stralerjakker, beeldskoon, iemand wat gewoond is aan die beste wat geld kan koop.
Wanneer sy ná haar man se dood terugkom Grootgewaag toe ná agt lange jare waarin sy kwalik van haar laat hoor het is almal verbaas. Haar ouer suster, Bettina, wat al die jare die familieplaas aan die gang gehou het, ewe veel as Carola, die laatlammetjie van die gesin, vir wie Zia byna 'n vreemde ling geword het.
Bettina verwelkom haar met ope arms terug, maar Thomas van Aardt, Bettina se vriend van die buurplaas Mooipan, reageer vreemd. Hy hou vol om Zia as 'n bedorwe rykmanspeelding te sien, iemand wat nie in die wêreld van Grootgewaag en sy mense hoort nie. Wat sy ook al sê of doen, niks kan hom hiervan laat afsien nie.
Zia kan nie verstaan waarom sy houding haar so uiterinate omkra, nie. Totdat sy op 'n dag met skok teenoor haarself moet erken: hierdie man, aan wie haar suster al feitlik verloof is, is die man op wie sy nog haar hele lewe wag...
Digby Grootgewaag is die verhaal van drie susters wie se lewe intiem verweef is. Dit is 'n verhaal van diep, intense liefde, van offervaardigheid en ootmoed.
Hardeband
BBAF

Condition: Good

Investment

R20.00