Back to Store

Bee's Books

En Oseaan
Zoom
Good

En Oseaan

By Jan Rabie

Synopsis

In die jaar 1817 word 'n instituut vir melaatses in die natuurskone Hemel-en-Aarde-vallei opgerig Sonder hoop op genesing word melaatses, en ook ander ongelukkiges waarvoor daar geen heenkome is nie, na dié instituut gebring om sonder noemenswaardige kontak met die buitewêreld die res van hul lewens te slyt. As siniese buitestaander, nie net vanweë sy opvoeding en eertydse status as koopman nie, onttrek Lukas Wahl hom aanvanklik aan die gesamentlike bedrywighede van die instituut, wat grotendeels bestaan uit godsdiensbeoefening en sang-ure, maar met die koms van die jong melaatse Catharina vind hy dat nuwe gevoelens in hom wakker word. Sy steeds toenemende qevoel vir haar, 'n komplekse ervaring van beskerming en uitlewering, veroorsaak dat hy enersyds haar vleeslike onskuld koester en andersyds haar optimistiese geestelike oorgawe wil vernietig Ook is dit 'n stryd om geloof Melaatsheid is die onnoembare, die dood voor die dood, die Bybelse siekte wat allerweë met vrees en ontsetting bejeën is. In hierdie jongste BOLANDIA-roman slaag Jan Rabie uitmuntend daarin om die lotgevalle van 'n lepra- gemeenskap weer te gee en daarbo uit te styg. Meer nog, dit is 'n blik op die vrese en verlangens van 'n jong land se mense, vergestalt in die behoeftes van 'n klein groepie melaatses.
Historiese roman
Hardeband
BBAF
Bee'sPicks

Condition: Good

Investment

R75.00