Tot Siens Tommasino
By Philip de Vos
Synopsis
Op veertienjarige ouderdom is die jong Wolfgang Amadeus Mozart op reis saam met sy pa deur Italiƫ, om daar Wolfgang se talente aan die adellike howe bekend te stel. In Florence ontmoet diƩ wonderkind - wat tot dusver baie eensaam in al die grootmens-star geselskap was - die ewe jong en talentvolle Thomas Linley, afkomstig uit Bath, Engeland. Vir die eerste keer in sy lewe vorm Wolfgang 'n hegte vriendskap en beleef hy saam met Tommasino (soos Linley in Florence genoem word) dramatiese, humoristiese en emosionele oomblikke in hul drie sublieme dae saam.
Teen die agtergrond van die kultuurskatte van Europa-musiek, beeldhoukuns en skilderkuns - beeld Philip de Vos die wedervaringe van die jong Mozart met deernis en humor uit
'n Boek wat jonk en oud sal bekoor vir die skrywer se besonderse passie vir en sy fyn waarneming van 'n milieu ryk aan geskiedenis en oorlewering
Tot siens Tommasino, nou verwerk, is in 1992 vir die eerste keer gepubliseer met die titel Trazom.
Sagteband
BBAF
BBBIO
Condition: Like New
Investment
R75.00